Wilna Roux

5 Dec 2018 | Alex Meintjes

Ek wens daar was LeesPlus toe ek op skool was. Dink net hoeveel slimmer sou ek wees en met watter blink rapporte ek by die huis sou aankom.

Elkeen van my drie kinders het in Graad 3 vir die eerste keer die voorreg gehad om die LeesPlus Tannie, Elmarie Stofberg ontmoet. Sy het hulle geleer om met begrip te lees en hulle nuuskierigheid en leeslus geprikkel met allerlei interessante leesstukke. Wie sal ooit die gifpylpadda kan vergeet?

Teen Graad 4 was ons (ek inkluis) reg vir die studiekursus. Elmarie het elkeen se sterk en swak “leer”-punte identifiseer en sonder dat enigeen besef het wat sy doen, vir hulle dit maklik gemaak om te leer. Sy het hulle gewys hoe om ’n opsomming te maak, hoe om ’n brein-kaart te teken en hoe om te sien wat is belangrik. Kortom, sy het hulle geleer leer.

Vandag teken een van my kinders kleurvolle prente op groot velle papier, die ander een leer met musiek in haar ore, nog een sit styf onder sy ma se blad wanneer hy leer. Elke kind is uniek en Elmarie weet hoe om die beste uit elkeen te haal.

My kinders kom met die mooiste rapporte huis toe. Soos die Engelsman sê: “The proof is in the pudding.” My nagereg is baie soet, danksy Elmarie.

More articles