Welmay Botha

5 Dec 2018 | Alex Meintjes

Vir ouers soos ek wat meer as gereeld effens verlore voel as dit kom by skoolsake, was en is LeesPlus steeds soos n reddingsgordel in woeste waters. Ek onthou die absolute openbaring en verligting wat ek ervaar het die dag toe Elmarie met my ons seun se leerstyle bespreek het. Vir die eerste keer het ek gevoel ek kan my kind help met sy studies. Ek het verstaan wie hy is en hoe hy verkies om te leer. Ek het ook geweet wat van my verwag word. Elke jaar, soos ons aanbeweeg deur die grade, kan ek keer op keer sien hoe beide my kinders kan toepas wat hulle geleer het. LeesPlus bou aan hulle selfvertroue en onafhanklike studie met al groter massas werk. Ek kan waarlik sĂȘ dat dit n belegging in my kinders se toekoms was en steeds is.

More articles