Teresa Appel

5 Dec 2018 | Alex Meintjes

My seuns is vanjaar in onderskeidelik graad 8 en 11. Hulle het albei in graad 3 en 4 LeesPlus gedoen. Die waarde daarvan dat hulle geleer het om met begrip te lees en om die feite in groot leeesstukke te kan identifiseer, sien ek vandag, as ek kyk na die groot volumes werk wat hulle moet opsom en leer. Ook die leerstyle en studiemetodes wat hulle behandel het, het daardie tyd baie gehelp toe hulle moes begin leer om te leer, en vandag nog is veral die breinkaarte iets wat hulle baie help om die groot volume werk, te orden en te kan memoriseer. Baie dankie Tannie Elmarie!

More articles